Die Band


Basson Laubscher / Beer Adriaanse / Bertie Coetzee / Beitel v/d Merwe

Ons filosofie is om te jam tot ons omval en te toer tot ons wegraak.”

1markreitz580.jpg
Foto: Mark Reitz


Die begin

Soek jy die Zinkplaat Press Bio of CV?

Zinkplaat press pdf

Zinkplaat CV pdf

Geskiedenis

Zinkplaat, die Afrikaanse rock’n roll troebadoere, verbreed voortdurend hul horisonne. Sedert hul begin op die skoolterrein in 2001 en hul aanvanklike ‘plaasrock’ klank het hulle ontwikkel tot die voorlopers op die gebied van oorspronklike rock.

Dié groep se geskiedenis toon groot ooreenkomste met die geweldige vooruitgang en ontwikkeling van die plaaslike musiekbedryf en is nou verwant aan De Plate Kompanjie se skepping van hoë profiel geleenthede vir jong rock talent. Hulle indrukwekkende CV sluit in, ‘n EP, drie baie suksesvolle en gewilde vollengte albums, ‘n nominasie vir ‘n Tempo-toekenning, sewe video’s op MK (wat weke lank op die Top 10 lyste was), gereelde verskynings op televisie, radio-onderhoude, koerant- en tydskrifartikels en talle nasionale toere en feeste, waarvan baie ook landwyd op televisie uitgesaai is, soos Ubuntoer I & II, drie Avontoere, Splashy Fen, Aardklop, RAKA I & II, ens.

Zinkplaat het in 2006 ‘n draai in Engeland gemaak en in 2009 teruggekeer daarheen vir die berugte Immergroen fees. Hulle nuutste album, ‘Mooi Besoedeling’, is op 16 Oktober buite Stellenbosch bekendgestel en word gevolg deur ‘n bekendstellingstoer na ander dele van die land. Hulle maak ook reeds planne vir nog ‘n jaar se warm rock ‘n roll klanke met onder andere optredes in Namibië en Engeland gedurende 2010.

Gestroop van die bekendheid en gewildheid, lê die ware hart van Zinkplaat – pittig, ongekunstelde baanbrekers, hoopvolle waarsêers, sielsverrykende poësie, Ubuntu-ideale en ‘n gees wat ‘n hele geslag besiel. Woon ‘n mens een van hulle konserte by, sien jy hoe oud en jonk saam sing en dans en hulself inleef in die treffende klanke en lirieke.

“You can hear that Zink thing in another level. Respect” – Jakes Wulana, Tidal Waves

“ Weereens wel gedaan! Ek trek al by Track 8, en alles is puik sover!” – Koos Kombuis

“…and just how do they put sad and happy into every song? It makes joy poignant, and melancholy bright. Mooi besoedeling, indeed.” – Jezebel, freelance music journalist

“Mooi Besoedeling kom lê in jou soos ’n sluk moerkoffie, met net so een onskuldige skoot whiskey in, na ’n slapelose nag terwyl die son stadigaan weer opkom” – Henry Cloete, Rapport

“..one of the finest rock and blues bands in the country… with Bertie Coetzee’s bruised and sometimes somber voice belting out the lyrics.” – Norman McFarlane, Bolander

“… Zinkplaat are true folk rockers – they respond innately to their audience, and are fuelled by them.” – Jezebel, speakerbox.co.za