
Basson Laubscher is Zinkplaat se lead kitaarspeler en agtergrondsanger. Hy is in 1984 buite Stellenbosch gebore en speel al van laerskool af kitaar. Hy het vir Bertie in Paul Roos ontmoet en hulle het in 2002 begin saam speel.
Basson gebruik verskillende kitare vir verskillende liedjies en gebruik sy Fender Fuse amp en sy Boss pedal om vreemde klanke op die opnames te maak.
Basson het sy eie blues band, Basson Laubscher & The Violent Free Peace waarmee hy in sy vrye tyd optree.
Hy was in 2006 Valiant Swart se kitaarspeler en het sedertien al saam met Albert Frost, Ryno Velvet en vele ander mense gejam.
Zinkplaat mmmm, hoe het ek in die band zinkplaat beland? Die stories sal maar moet begin soos enige goeie storie doen, by die begin van my musikale loopbaan. Dus begin ons in my moeder se, soos die engelse sal se, womb daar het ek begin rerig deur in my onbewusein die klanke van Jimi, Muddy en Elvis te absorbeer.
My pa is n huge musiek liefhebber en was altyd diep gegrond in rock and roll en het selfs in sy studente dae in n pop orkes soos dit in daai dae genoem was gespeel. Maar hy was ook diep in karate in en het toe besluit om sy 1963 fender Stratocaster(estimated value at 35000$. Let well $ nie rand nie) te verkoop ve R200 en daar mense te bliksem in karate. Gelukkig het hy daremsy acoustic gehou! So ek het groot geword in n huis waar dit als was vanaf Pavarotti tot Jimi en toe ek begin nuskierig raak het oor die ding met die snare was ek seker so 10 gewees. Ek het toe na ek die basiese akoorde geleer het besluit om bass te speel want my pa en broer het kitaar gespeel, het toe greenday se dookie album gekry as eerste cd en punk bass was an!
Ek dink my eerste skuif na kitaar was in std 7 of dus gr 9(dink ek?) toe ek n cd ontdek het van n dude met n huge cowboy hat en boots en baie slegte styl smaak (or as we now it, the 80’s) en toe die asemrofwende klanke van Stevie ray Vaughan gehoor and I was hooked! The blues got me, en metallica ook op daai stadium. So ek skool ma afgeskryf en kitaar gespeel en in n paar bands rondgeval vanaf metal tot country.
Het in st 9 n band gejoin karma natural wat se grootse invloed creed was so mmm het nie te lank daar gehang nie en die ou se ma het my gefire omdat ek beter was as die ander kitaar speller, toe kom matriek en well steeds geen akademiese vordering nie ma well op kitaar en het lord of the rings in my junie eksamen kla gelees warop ek redelik trots was.
O ja moet dit ook noem sommige menses al se ek het in skool met die verkeerde vriende uitgehang maar wat is so verkeerd aan vriende wat pypbomme maak en als uv verf? Toe kom die infamous rock en roll janie kompetisie in paul roos, waar ek skool gegaan het, en ek en een van my vriende Liaan “Basta,Chewbacca” Geldenhys(die bynaam sal sense maak as hulle hom ooit ontmoet) besluit my kom ons enter as die Kayhalistha Scycadelic Experience en ons skryf toe n liedkie winterdag wat bertie later verwerk het en baie beter lirieke by gesit het. Toe kompitisie aand aanbreek en ek wag ve my partner buite die saal want ons was eerste kom n oproep……”sorry bra heavy dinge kanie praat nie ma ganie vannaand maak nie”…..en toe moes ek ve n uur instremental gaan want was te skaam om te sing! So depressed en moedeloos sien ek bertie op die verhoog. Ek en bertie het saam rugby gespeel en biologie gehad so ons het mekaar geken en van mekaar geweet. Toe begin die man te speel en die rou karoo klanke het my gefassineer het gedink mmm blues could work with that? Toe wragtig wen die vent sy eie kompetisie en mm awkard hande klap en jy wen 2 dae by sunset studio’s(want nou al soos my 2de huis geword het) en ja toe forseer ek hom om saam met my te speel want ek wou sien hoe n studio lyk en werk.
Zinkplaat is toe gebore die naam is deur bertie gegee en ek konie aan iets anders dink nie. O ja en die die rede hoekom die paniek bevange vriend nie kon speel nie? Jy het soos mens soms doen rivier toe gegaan om biekie te ontspan voor die show met n groen sigaret en toe jy kla is van die polisie hom vragtag met n saadtjie nie n sak vol daaga nie, n saadtjie! Ma ja zinkplaat was gebore en die ander het by gekom en die reis het begin…