Ons het ontstaan toe Bertie in 2002 in sy koshuiskamer begin liedjies skryf het. Kort daarna het hy as leerlingraadslid van Paul Roos Gimnasium ‘n liedjieskrywerskompetisie by die skool gereël. Een van die deelnemers was Basson Laubscher wat saam met sy goeie vriend Lian “Basta” Geldenhuys sou optree. Basta word toe vroeër die dag in die rivier langs die skool met ‘n daggapit in sy skoolbaadjie uitgevang, en word verbied om op te tree. Wonder bo wonder wen Bertie toe sy eie kompetisie met sy treffer, Blikkitaar Blues, en die beoordeelaars, wat ene Jakkie Louw ingesluit het, was dit eens dat die man nog ver sou gaan. Basson, wat die aand deur ‘n effense bedroewige solo optrede moes worstel, sien toe sy kans en oortuig vir Bertie dat hulle twee moet saam speel.
Die prysgeld van kompetisie was ‘n dag in Sunset Studios en Bertie en Basson het toe Blikkitaar Blues en Jan Papier opgeneem en die eerste Zinkplaat E.P vrygestel.
Hoewel die E.P net R20 gekos het, het ‘n armgat tromspeler wat ‘n jaar jonger as Bertie en Basson was, die album gewrite, en oor en oor geluister. Hoewel hy glad nie van die cover design gehou het nie, en op ‘n stadium vir Bertie probeer oortuig het om vir Basson te fire, het hy sy dienste as tromspeler vir die groep aangebied.
‘n Paar maande het verby gegaan en Bertie en Basson is uiteindelik uit die skool uit, en die tromspeler, wat reeds teen hierdie tyd as Beer bekend gestaan het, het matriek toe gegaan. Toe Bertie en Basson uiteindelik besluit om die band uit te brei, het hulle by my koshuis aangekom en my gevra of ek by hulle wil aansluit. Dit was vir my ‘n moeilike keuse want ek was reeds in ‘n punk band, My Pet Sock, saam met my goeie vriend Liam (wat later Die Seerowerkaptein Bison sou word.)
Min wetende dat hulle my eintlik net wou gebruik om die sleutels vir die skoolsaal te kry sodat ons daarbinne kon oefen, sê ek toe ja, en toe begin ons soek vir ‘n basspeler. Voor ek my oë kon uitvee stop ons ‘n week of so later buite Dagbreek en tel vir Beitel op. Hy was blykbaar een van twee ouens wat na ure se oortuiging kom oudisie het. Teen die tyd wat ek hom ontmoet het, was die besluit reeds geneem dat hy die nuwe baspeler sou wees. Sedertien was dit nog net ons vier.
Beitel het ‘n mal bass tapping riff geskryf, en aangesien sy vorige tapping riff so goed gewerk het met Piekniek Oppi Maan, het ons gedink dis ‘n teken om baie moeite in die liedjie in te sit. Bertie het al die lirieke en ek vermoed die kitaardele ook geskryf, en ek en Basson het aanboord geklim om die klanke uit te brei, af te rond, en weird te maak.
Vir my is Die Mens mooi besoedeling. Ons is ‘n virus wat stadig besig is om die hele aarde oor te vat, maar tog bly ons mooi en is die mooigeid nog altyd deel van ons.
Deesdae almal, en dis lekker so.
Die Engeland toere, die eerste Avontoer. Toe ons vir die Springbok Nude Girls ge-open het by Willows se Carry-6-Packer, ons Miskruier Gaan See Toe launch in die Barnyard.
Bertie, wat maar soms as kind baie alleen daar in die Noord-Karoo geword het, het begin glo dat Bob Marley van die Kalahari se spook met hom kom praat het. Toe hy eendag vir die spook vra wat die band se naam moet wees, toe waai ‘n sinkplaat van hulle plaas se vullishoop (sien Karoo Poison se cover) af en val op hom. Die res van die band-lede moes jare later maar net die naam aanvaar.
Wie is Neels van Jaarsveld? Die enigste karakter wat ons altyd met ons videos uithelp se naam is Jurgen Glansman. Dis al.
Die storie van die miskruier steek so nou en dan die grens oor van fiksie na realiteit.
Op ons 2003 kustoer saam met Delta Blue het dinge een aand ‘n bietjie hand-uit geruk. Terwyl Basson en Beer by Daniel Naude se huis uitgepass het, het Bertie en Beitel saam met Geusteyn en Wim gaan snoek eet in Geusteyn se huis. Hierna het dinge egter bietjie buite die wet opge-eindig en die volgende dag moes ons van Cape St. Francis af terugry omdat Geusteyn gearresteer was oor die breek van stoele in die publiek.
Geusteyn, Gert (die getaway driver), Wim, Bertie en Beitel moes toe almal na Knysna se selle gaan. Beer en Basson het in hierdie tyd heerlik in St. Francis geswem en by Jan Solms se huis gekuier.
Inspekteur Grootboom is op die ou einde die ou wat hulle in Knysna laat gaan het. No charges were pressed.
Wwwwrrrroooooooaaaaaaaarrrrrh!
Ja, Basson speel al van 2006 af vir die Mystic Boere-Orkes. Ons het ook al saam met Valiant Swart Londen toe getoer, omdat hy vir Basson se kaartjie betaal het!
Op die oomblik het Valiant egter vir Basson met Oom Ollie Viljoen vervang.
De Plate Kompanjie is Bertie en Beer se platemaatskappy wat hulle saam met hulle vriend Porra op die been gebring het. Sover is Die Helde, The Orange Stilettos, New Hollland, The Violent Free Peace, The Pretty Blue Guns, en Etienne Terblanche & Dikazzins deel van die label.
DPK is vernatwoordelik vir Die Eerste Avontuur CD, verskeie musiekvideos, Die MK Avontoere, Die Ubuntoere, Die Beyerskloof Musiekmarathon, Cinema Sessions, Stonewall Sessions en vele manier.
In 2003 wou die SABC vir Riaan Cruywagen afdank. Zinkplaat het besluit om ‘n protesliedjie hieroor te skryf en op die ou einde is hy toe nie afgedank nie. Arme Riaan Cloete is egter afgedank.
Die band het “Waar is Riaan” vir ‘n paar jaar laat aftree, maar sodra die tyd weer reg is, sal hy weer live gespeel word.
Die troktoer-besigheid het aan die einde van 2005 begin. Bertie het ‘n trok by ‘n boer geleen vir ons Weskustoer. Ons nooi toe ons vriende Die Helde om saam te kom, en van daar af was ons verslaaf aan so toer. Daarna was dit die Noordelike Avontoer, Die Eerste Avontoer, Die Ubuntoer I en II, die MK Tweede en Derde Avontoere.
Die MK Vierde Avontoer is tans op ons horison en ons beplan om nog met ‘n trein en ‘n boot ook te toer.
Die kaalvoet-ding was ook ‘n toevallige een. Almal in die band, behalwe Basson, het basies altyd kaalvoet geloop. Dit gaan oor vryheid en naby aan die aarde wees. Die einde van Beer se kaalvoetdae was nadat die band die eerste keer Londen toe getoer het, en hy daar vir ‘n week lank kaalvoet geloop het. Beitel wou bloot ‘n meisie beindruk en het begin skoene dra, en Bertie se ma het hom net te veel getune.
Dit is een van die geheime wat al amper ons band uitmekaar uitgeskeur het. Bertie wou nog nooit vir ons gesê het vir wie hy dit geskryf het nie, maar ons vermoed dit was vir sy hond.
Dit is blote toeval, wat toe ons begin het, vir ons laat dink het dat dit destiny is. Bertie en Basson se regte name begin met ‘n B, terwyl Beitel en Beer se byname al vir so lank by hulle is, dat dit net natuurlik aangehou het.
Deur die jare het goeie vriende en mede-geesboustigters soos Liam, Alex en Denver almal ook ‘n B gekry. Biam, Balex en Benver.
Basson was die eerste een wat check-hemde begin dra het. Toe ons egter so ‘n paar jaar in die band was, het ons besef dis erg onaanvaarbaar om jou eie band se hemde te dra. Aangesien meeste van Bertie en Beer se uitrustings Zinkplaat merchandise bevat het, en Beitel basies net Vrystaat en Grey-truie gedra het, het ons besluit dis tyd vir ‘n verandering. Aan die begin het ons baie komplimente gekry, maar een aand het katastrofie getref. Ons was by die Robertson Loco Vino Rock Show en ons almal het voor die show ons eie paaidjies geloop, en toe ons uieindelik op die verhoo bymekaarkom en ons eerste liedjie begin speel, toe besef ons eers dat ons al vier check hemde aanhet. Serious Fashion Fau Pax!
My eerste keer was in St.7 toe ek dromme vir die kerkband in Durbanville gespeel het. Toe die eerste liedjie klaar is, en my laaste simbaal nog vibreer, kom die jeugleier op die verhoog en vra vir die gemeente om weer te staan dat ons die liedjie weer kan sing. “Hierdie keer ‘n bietjie stadiger asb”, sê hy toe en kyk vir my.
Ek en Basson bly saam met ons bestuurder, Porra, in Big Pink, ‘n kommune in Stellenbosch.
Die Engeland toere, die eerste Avontoer. Toe ons vir die Springbok Nude Girls ge-open het by Willows se Carry-6-Packer, ons Miskruier Gaan See Toe launch in die Barnyard.
Ek is saam met Bertie deel van De Plate Kompanjie se bestuur en skryf ook rubrieke vir Kampus Burger en leer myself om musiek en videos te edit.
Fender by ver.
Elke liewe soundcheck.
Ek kan glad nie musiek lees nie en het na slegs twee dromlessie opgehou met my musiekteorie loopbaan. Ai.
Grootgeword met Beach Boys en Creedence Clearwater. Myself in Nirvana en Green Day verdrink op skool, en sedertien alles van The Grateful Dead en The Band tot Death Cab For Cutie, Fleet Foxes en alles wat nog nie hulle siele verkoop het nie.
Hugh Masekela of David Kramer. Enige plek.