Die Ballade van die Middelman

Words and Music

by

HJ van der Merwe, AVZ Coetzee, JP Adriaanse & B Laubscher

(“Zinkplaat”)

Verse
Bmin
Ek sien ‘n man staan op ‘n smallerige brug
Bmin/(G)
Die maan verlig die kant van sy gesig
Bmin C#7
En sy hemp kleef sweterig aan sy rug

Ek sien hoe hy ‘n witvlag waai
Tussen voorlaaier en assegaai
Ek sien hom vlug toe beide teen hom draai

Chorus
Amin G
Hy’s gebore hy’s die middelman
Dmin C
Uitverkore om in die middel te staan
Dalk verlore dalk hoor hy juis
Al die kore wat sing in die paradys

Verse
Hy’s ontwapen deur perspektief
Hy skree “moenie baklei nie asseblief!”
Maar hul noem hom ‘n verraaier, hul noem hom ‘n dief

Ek wonder wat het hy aangevang
Was dit sy plig of was hy net bang
Dat sy baard tot in sy bruismelk hang?

Chorus

Outro
Het jy genade van die hand gewys
Het jou brawade ‘n groter prys
As wat jy daar in die spieël vir my kan wys?

Die grysblou oë van die middelman
Sal jou deurboor as jy voor hom staan
Hy glimlag en hy vertel vir my
Die storie van twee wolwe wat baklei

TERUG