by
(“Zinkplaat”)
Verse
Cmaj Bmin
Ek is geroes, rooi, bruin, oranje, geel
Cmaj
Wonder of ek net myself verbeel
Bmin
Ek dink te min ek dink te veel
Maar ek kan jou nie onthou nie
Cmaj Bmin
Die kleure van herfs klop hier deur my are
Cmaj
My arms die wind, my voete die blare
Bmin
Druppel vir druppel drup die dag om
Cmaj
En om jou nek hang ‘n reënboog wol
Bmin
Wat jou woorde warm broei in jou keel
Cmaj
Voor dit in die koel lug kan gaan speel
Bmin
Amper daar, kant en klaar op die naat van my rug
Cmaj
Wees sterk hou moed ek dink ek sien ‘n lig
Bmin
Het ek nagelaat om jou te sê
Jy is my gunsteling mens
Chorus
Bmin
En ons
Cmaj
Kom al ‘n lang pad saam
Amin
Hou goeie moed
Cmaj D
Hou goeie moed vir my
Bmin
In die tyd wat kom
Cmaj
As ons moeilike besluite maak
Amin
Hou goeie moed
Cmaj D
Hou goeie moed vir my
Bridge
E
Verse
Ek is geroes, rooi, bruin, oranje, geel
Wonder of ek net myself verbeel
‘n knop kom sit hier in my keel
Maar ek kan nou niks onthou nie
Die kleure van herfs klop hier deur my are
My arms die wind, my voete die blare
Druppel vir druppel drup die dag om
En om jou nek ‘n reënboog wol
Wat jou woorde warm broei in jou keel
Voor dit in die koel lug kan gaan speel
Red my woorde, dis besig om te vergaan
Pluk dit uit die lug en trek dit aan
Ek probeer my bes om te verstaan
Maar jy kan my nie onthou nie
Chorus
Bridge
Chorus