Hondeklipbaai

Words and Music

by

HJ van der Merwe, AVZ Coetzee, JP Adriaanse & B Laubscher

(“Zinkplaat”)

Verse

D C Bmin G D

Partykeer kom als so mooi bymekaar

Partykeer val als so mooi uitmekaar

Moenie jou kop skud nie jy was daar

Jy’t jou liefde met jou oë verklaar

Ek’t jou uitspraak met ‘n knik aanvaar

Pre-chorus

D C B Bb F G

Chorus

D C G x2

Het die klanke van ons laaste refrein

D C G x2

In die branders van die Weskus verdwyn?

D C G x2

Was ek net nog een van daai kalante

D C G F G Bb C

Wat hier geland het opsoek na diamante?

Verse

Ons wou musiek uit die geraas uit haal

Jy’t gese ek moet my eie geluk bepaal

Maar hoe moet ek jou uit my drome haal

Ek het in jou verhaal verdwaal

Ek sal oorleef ek is ‘n man van staal

Pre-chorus

Chorus

Verse

Jy daar op die passesiers sitplek

Met jou knieë opgetrek

En jou ken wat rus op jou knee

Ek het net gese “ja-nee!”

Jy wou weet wat ek bedoel daarmee

Bridge

C Bb F F# G

Miskien is sy soos Hondeklipbaai

Wild en wreed en windverwaai

Daar’s ‘n voëlverskrikker in die middel van nêrens

En sy rug is op die see gedraai

Chorus

TERUG