Krismis in Kampala

Words and Music

by

HJ van der Merwe, AVZ Coetzee, JP Adriaanse & B Laubscher

(“Zinkplaat”)

  A    

  Ek vang ‘n veldtie onder ‘n piesangboom

               E

  Terwyl die volmaan deur my neusgate stroom

                   B

  En daar’s ‘n knapsekêrel in my broek se soom

            D

  En ‘n swart kersvader in my Mefliam droom 

  Ek is lus vir ‘n lekker dis

  Vir Bully-beef of ‘n blikkie vis

  En ek dink vanaand aan almal wat ver is

  Dis Krismis in Kampala 

   ‘n Vuurvliegie flikker hier en daar

  Iewers tussen my en die ewenaar

  En my hart is lig, my gemoed is swaar

  Ek’s in Afrika en dis donker daar 


  Ons speel toe sokker teen ‘n plaaslike span daar

  Iewers in die middel van die hart van Uganda

  En ek weet vandag is een van daai dae

  Wat my kinders gaan vra: “ Vertel ons pa, van daai Krismis in Kampala... 

  Van daai Krismis in Kampala!” 

  Daar was ‘n longdrop, maar dié het ‘n klankie

  Toe slaan ek my oë maar op en sê dankie

  Vir hierdie lewe, hierdie avontuur

  Vir toiletpapier en Afrika bier

TERUG