Zinkplaat se Noordelike toer is gister aand in die vlerke gery toe hulle 1Time-vliegtuig deur weerlig getref is. Die vliegtuig moes omdraai en weer in Kaapstad kom land het.
Die rampspoedige toer, wat teen hierdie tyd “Die Thunder Struck-Toer” heet, moes ongelukkig gekanseleer geword het.
Die volgende gigs is afgestel:
- Back2Basix met Die Melktert Komissie
- Picasso’s (acoustic)
- Maloney’s met Revolusie
Ons vra onverskoning vir almal wat moeite gedoen het om by die shows te kom. Zinkplaat sal binnekort weer shows daar kom hou.
Lees meer oor die gebeurtenis in die Cape Times berig.




