Gedigte vir Gesigte T-Shirt Kompetisie

200gedigte_shirt.jpg

Geïnspereer deur die Zinkplaat liedjie “Gedigte vir Gesigte” het die band se jare lange vriend en ontwerper, Jan Solms ‘n vars idee vir die nuwe T-hemp ontwerp gehad.

Die band kon 9 mense identifiseer wat op een of ander manier die hulle beïnvloed het en hierdie persone se gesigte verskyn op die nuwe hemde.

Daar is tans ‘n kompetisie om so ‘n T-hemp en ‘n CD te wen. Al wat jy moet doen is om al nege name van die mense op die hemp reg te raai.

Click hier vir n groter jpg preview.

Stuur alle antwoorde na beer@dpk.co.za

Vir leidrade gaan na: Luca se Blog


DisasToer…

campermontage200.jpg

Inligting oor Zinkplaat se onlangse DisasToer is uiteindelik beskikbaar gemaak.

Die band (minus Beitel) het omstreeks 04:00 op die oggend van die 22ste Januarie saam met DPK se Nicol v/d Berg in die berugte DPK Camper na die Noorde vertrek.

Volgens die groep het alles vlot verloop en het die Camper baie goed gedoen tot so net duskant Willowmore, toe hy eweskielik oorverhit het en die enjin amper aan die brand geslaan het.

Die Camper is toe vir ‘n astronomiese bedrag agter op ‘n rollback trok gelaai en van Colesberg tot in Johannesburg gesleep. Gelukkig kon die band lekker agter in die camper kuier sonder dat iemand hoef te bestuur het.

Gelukkig was die gig by Sonop se Joolparty in Tuks baie lekker so tussen die krokodille en volstruise deur.

Op pad terug het die band egter hulle vlug gemis.

Almal is egter nou weer veilig terug in Stellenbosch.


Zinkplaat @ Maties Jool Fest

200ragfest.jpg

Een van Zinkplaat se jaarlikse tradisies is om by Die Maties Jool Fees te speel.

Dit word hierdie jaar op Saterdag die 31ste op Die Braak in Stellenbosch gehou en R20 kry jou in.

Ander bands sluit New Holland, Parlotones, Pretty Blue Guns, Ryno Velvet en baie meer in.


Zinkplaat se 4de album

200studio09.jpg

Zinkplaat het weer hierdie week Sunset Studios toe gegaan om verder aan hulle 4de album te werk.

Hoewel die album nog nie ‘n naam het nie, is 5 splinternuwe liedjies al klaar en nog ‘n klomp op pad.

Volgens die band probeer hulle nog meer eksperimenteer as op hulle vorige album, die Tempo-genomineerde “Musiek Uit Die Geraas”.

Die eerste single behoort binnekort gratis vir downloads vrygestel te word en ‘n musiekvideo is in die pyplyn.

Categories


Archives