Zinkplaat se 4de album
Zinkplaat het weer hierdie week Sunset Studios toe gegaan om verder aan hulle 4de album te werk.
Hoewel die album nog nie ‘n naam het nie, is 5 splinternuwe liedjies al klaar en nog ‘n klomp op pad.
Volgens die band probeer hulle nog meer eksperimenteer as op hulle vorige album, die Tempo-genomineerde “Musiek Uit Die Geraas”.
Die eerste single behoort binnekort gratis vir downloads vrygestel te word en ‘n musiekvideo is in die pyplyn.




