DisasToer…
Inligting oor Zinkplaat se onlangse DisasToer is uiteindelik beskikbaar gemaak.
Die band (minus Beitel) het omstreeks 04:00 op die oggend van die 22ste Januarie saam met DPK se Nicol v/d Berg in die berugte DPK Camper na die Noorde vertrek.
Volgens die groep het alles vlot verloop en het die Camper baie goed gedoen tot so net duskant Willowmore, toe hy eweskielik oorverhit het en die enjin amper aan die brand geslaan het.
Die Camper is toe vir ‘n astronomiese bedrag agter op ‘n rollback trok gelaai en van Colesberg tot in Johannesburg gesleep. Gelukkig kon die band lekker agter in die camper kuier sonder dat iemand hoef te bestuur het.
Gelukkig was die gig by Sonop se Joolparty in Tuks baie lekker so tussen die krokodille en volstruise deur.
Op pad terug het die band egter hulle vlug gemis.
Almal is egter nou weer veilig terug in Stellenbosch.




