April 30th, 2009
|
Zinkplaat vertrek in Julie weer London toe om deel te wees van die Immergroen Fees.
Daarna gaan die band bietjie in Engeland rondhang en oor die kanaal skiet Europa toe.
Hou die site dop vir verdere updates.
Hierdie artikel het reeds in ‘n London-publikasie verskyn: SA Promo
April 24th, 2009
|
Die Volume Rock Fest: Hard on Volume sluit in hierdie jaar bands soos Die Heuwels Fantasties, New Holland, Tidal Waves, Van Coke Kartel en Pretty Blue Guns in.
Zinkplaat gaan ook vir die 2de jaar op om te jam.
Laas jaar was huge, so kom ons maak dit hierdie jaar nog groter.
Dis weer by Trimpark en R30 kry jou in.
April 21st, 2009
|
Zinkplaat en Ryno Velvet speel saam met die legendariese Boulevard Blues Band by die nuwe rock & blues partytjie van die Wacky Wine Festival in Robertson.
Die konsert word deur Goedverwacht en Wolvendrift op die Goedverwacht landgoed aangebied en kaartjies loop teen R80.
Book kaartjies by Tunegum of by Wolvendrift: 023 616 2890 (wolvendrift@gmail.com)
April 21st, 2009
|
Zinkplaat het onlangs saam met Van Coke Kartel en Jackal&Wolf by Klein Libertas opgetree as deel van die DA se Rock the Vote Veldtog.
Hier is links na reviews en berigte oor die gig:
No Holds Barred
Die Burger
Mail&Guardian
Foto: Mark Reitz