Zinkplaat lieben Jagermeister über alles…

Ná 5 maande van gratis Jagermeister met komplimente van Jagermusic, het die gawe mense by Jagermeister vir Xandre Kriel gevra om te kom kyk hoe dit met ons gaan. Hier is die fotos. Fotos: Xandre Kriel


Huisgenoot Tempo-resensie


Kleiner as berge musiekvideo

Zinkplaat het laasweek begin skiet aan die nuwe musiekvideo vir “Kleiner As Berge”. Thomas Ferreira is director en onder andere Neels van Jaarsveld en Marisa Oosthuizen het weer hulle verskyning gemaak.

Die video behoort binnekort oral gesien te word.

Gaan check die fotos.

Foto: Mark Reitz


Zinkplaat op S.A Indie Volume 1

Zinkplaat se liedjie, “Sterkte”, wat onlangs op die nuwe album, Mooi Besoedeling, vrygestel is, is onlangs ingesluit in Rhythm Records se “South African Indie Volume One”.

Click hier om meer oor hierdie samestelling album te lees.


Zinkplaat groet Dorpstraat Teater

Dorpstraat skuif van hulle legendariese spot in Dorpstraat af en ons gaan vir oulaas ‘n lekker aand van goeie wyn, lekker mense en interessante verwerkings verwelkom!

Kaartjies: R 50
Daar gaan specials wees op die kos en wyn, so kom vroeg as jy iets lekkers wil eet ook.

Bookings: 021 886 6107

Categories


Archives