Na die gesamentlike optrede tydens Die Ubuntoer in 2008 was ’n reggae-, blues- en rock-byeenkoms onvermydelik. Nou word die plan eindelik uitgevoer wanneer die Gautengse reggae-meesters en Stellenbosch se gunsteling-Afrikaanse rockers hul unieke klanke byeenbring.