Zinkplaat groet Dorpstraat Teater

Dorpstraat skuif van hulle legendariese spot in Dorpstraat af en ons gaan vir oulaas ‘n lekker aand van goeie wyn, lekker mense en interessante verwerkings verwelkom!

Kaartjies: R 50
Daar gaan specials wees op die kos en wyn, so kom vroeg as jy iets lekkers wil eet ook.

Bookings: 021 886 6107


Zinkplaat by “Eenheid-‘n-Duisend”

eenheid_n_duisend.jpg

Zinkplaat speel hierdie naweek by die Eenheid ‘n Duisend liefdadigheidskonsert in Heidelberg. Al die wins uit hierdie konsert gaan direk aan verskeie liefdadigheidsprojekte.

Ander groepe sluit in:

Glaskas
Tidal Waves
Scarlet Street
Embroil
Saarkie

Kliek hier vir meer inligting.


Zinkplaat Launch Mooi Besoedeling

mooi_besoedleing_launch.jpg

Zinkplaat het oudergewoonte alles ingesit om hulle nuwe album op ‘n unieke en mal manier aan die wereld bekend te stel.

MEt ‘n buitelug konsert op die plaas Stonewall, en gratis wyn in Zinkplaat-glase en ‘n gratis Jagermeister-stalletjie, kon die aand nie meer feestelik wees nie. Voor die band die verhoog betree het, het ‘n 15min video vir die gaste gewys waar die band vandaan kom, en die evolusie van die groep uiteen gesit.

Die band het die nuwe album liedjie vir liedjie gespeel, en toe, na ‘n kort breuk, het hulle die mense op hulle voete gekry met ‘n klomp ou liedjies.

Kliek hier vir Jan Gerber se fotos van die aand.
Nog fotos op pad.

Videos kom binnekort.


Zinkplaat in MK Bruce Lee se Lirieke-uitgawe

bruce_lee.jpg

Drie van Zinkplaat se nuwe liedjies, sowel as Bertie se bobaas afvalresep is in die nuwe uitgawe van die MK Bruce Lee tydskrif ingesluit.

Die liedjies sluit in:
Kleiner as Berge
Mooi Besoedeling
Sterkte (Maak Breek)

Kliek hier vir meer MK Bruce Lee.


Baanbrekende nuwe album ontwerp

all_together_now200.jpg

Zinkplaat se nuwe album, Mooi Besoedeling, is die 14de Oktober met ‘n baanbrekende album-ontwerp vrygestel. Die kreatiewe span by Fanakalo is die opdrag gegee om iets te doen “wat nog nooit van tevore gedoen is nie”.

Kliek hier om te sien waarmee hulle opgekom het.

Of kyk die video hier.

Blogs:
Wordbouquet
10and5


Zinkplaat “single” op One Small CD

one_small_seed.jpg

Zinkplaat se eerste single van hulle nuwe album, Mooi Besoedeling, af is op die tydskrif, One Small Seed se One Small Cd ingesluit. Die liedjie, Kleiner as berge, word ook binnkort verfilm vir ‘n musiekvideo.

Kliek hier om die liedjie te luister.


Zinkplaat by berugte Immergroen Fees in London

immergroen_pic.jpg

Zinkplaat het in Julie London toe gegaan om deel te wees van die berugte Immergroen Fees. Hulle was van die min groepe wat dit op die ou einde tot by die fees kon maak, aangesien die organiseerders probleme ondervind het met swak bestuur, en Visum-aansoeke wat te lank gevat het.

Daar sal binnekort ‘n kort video beskikbaar wees wat in “the belly of the beast” deur Zinkplaat gemaak is.

Kliek hier vir fotos.


ge[ROOS]ter ‘09

gerooster_zinkplaat.jpg Zinkplaat het verlede week saam met hulle vriende The City Bowl Mizers by Paul Roos se ge[ROOS]ter ‘09 gespeel. Captain Stu het vir Die Heuwels Fantasties ingestaan, omdat Pierre Greeff op die laaste oomblik met varkgriep neergepen is.

Bertie het in 2002 as skoolkind die eerste ge[ROOS]ter georganiseer.

foto: Mark Reitz/bitoCREATIVE


Klaar gestudio.

studio_200.jpg Ons week in Sunset Studios is klaar, en ons het 10 nuwe liedjies wat wag om gemaster te word.

Gaan luister na ‘n kort lusmaker van ons eerste single, “Kleiner as berge”, op ons Myspace.

Ons vriende van bitoCREATIVE het kom onderhoude lewer en fotos neem.

Fotos: Mark Reitz en Elandre Vermeulen


Zinkplaat op pad studio toe

zink_prerecord200.jpg
Zinkplaat trek Maandag weer in Sunset Studios in om hulle 3de vollengte album klaar op te neem.

Van die nuwe tunes soos “Mooi besoedeling” en “Kleiner as berge” is reeds op die Avontoer deel van die live set gemaak, terwyl meeste van die ander nuwe liedjies nog net deur die band gehoor is.

Die band sit op die oomblik in hulle home studio om die nuwe liedjies te verfyn.

Die nuwe album word in September vrygestel.

Categories


Archives