Ztudio 1

zinkplaat__the_ragdolls_3_of_33_200.jpg Zinkplaat het verlede Donderdag “Krismis in Kampala” op MK se Studio 1 gespeel en met Elma ‘n onderhoud gevoer.

Kliek hier vir kiekies.

foto: Wayne Habig


Zinkplaat & Klopjag doen Teaterkonsert

klopzink200.jpg Op die 22ste Mei jam Zinkplaat en Klopjag in die ou Barnyard Theater by Bridgehouse Skool in Franschhoek. Na die launch vir die “Miskruier gaan see toe” is daar nog altyd uitgesien na die volgende show in die awesome venue.

Kaartjies is R 80 en sluit snack en wyn in. Daar sal ook ‘n kontant kroeg wees.

Kaartjies gaan binnekort beskikbaar wees op die web asook by die DPK-Hossewa in die Neelsie.

Besprekings: alette@dpk.co.za of 082 854 9109


Zinkplaat Europa Toer

uk_posterfinal200.jpg Zinkplaat vertrek in Julie weer London toe om deel te wees van die Immergroen Fees.

Daarna gaan die band bietjie in Engeland rondhang en oor die kanaal skiet Europa toe.

Hou die site dop vir verdere updates.

Hierdie artikel het reeds in ‘n London-publikasie verskyn: SA Promo


Zinkplaat bevestig vir Volume Rock Fest II

volumeposter_final200.jpg Die Volume Rock Fest: Hard on Volume sluit in hierdie jaar bands soos Die Heuwels Fantasties, New Holland, Tidal Waves, Van Coke Kartel en Pretty Blue Guns in.

Zinkplaat gaan ook vir die 2de jaar op om te jam.

Laas jaar was huge, so kom ons maak dit hierdie jaar nog groter.

Dis weer by Trimpark en R30 kry jou in.


Zinkplaat @ Loco Vino Rock Show

wacky_wine_loco_vino_rock_show200.jpg Zinkplaat en Ryno Velvet speel saam met die legendariese Boulevard Blues Band by die nuwe rock & blues partytjie van die Wacky Wine Festival in Robertson.

Die konsert word deur Goedverwacht en Wolvendrift op die Goedverwacht landgoed aangebied en kaartjies loop teen R80.

Book kaartjies by Tunegum of by Wolvendrift: 023 616 2890 (wolvendrift@gmail.com)


Rock the Vote review

zinkplaat__klt_-_mark_reitz_1_lucavincenzo.blogspot.com.jpg Zinkplaat het onlangs saam met Van Coke Kartel en Jackal&Wolf by Klein Libertas opgetree as deel van die DA se Rock the Vote Veldtog.

Hier is links na reviews en berigte oor die gig:
No Holds Barred
Die Burger
Mail&Guardian

Foto: Mark Reitz


Krismis in Kampala


Zinkplaat @ MK Kaktus Sessies

mk_kaktus_sessies_copy.jpg

Oudergewoonte gaan Zinkplaat weer hierdie jaar KKNK toe, maar soos laasjaar, word ons al die backtrack bonanzas gespaar deurdat ons net by die MK Kaktus Sessies speel.

Woensdag 8 April:
Jackal & Wolf (21h00)
Zinkplaat (22h00)
Straatligkinders (23h00)

Die MK Kaktus Sessies kos R50 en word by die MK Hoofkwartier in Pleinstreet 67, off Parkway-South.

Sien julle daar.


Zinkplaat Rock the Vote

zink_goes_da200.jpg

Na ses jaar van apolitiese sosiale kommentaar lewer het Zinkplaat hierdie jaar besluit om uiteindelik hulle gewig agter die Demokratiese Alliansie te gooi.

Die 15de April speel Zinkplaat, Van Coke Kartel en Jackal & Wolf by Klein Libertas Teater as deel van die Rock The Vote-veldtog van die DA.

Die veldtog is daarop gemik om die DA te help om die amptelike opposisie vir die ANC te raak.

Vir meer info: Rock The Vote of Democratic Alliance


Zinkplaat by Paarl Jam

zink_goes_paarljam.jpg

Zinkplaat en New Holland speel op Vrydag die 27ste Maart in die Paarl stadsaal as deel van die Paarl Jam Rock Show.

Dit gaan die eerste keer in 2 jaar wees wat Zinkplaat in die Paarl speel.

Ander bands sluit Ysterkoei en the Watership Drowns in.

Kaartjies is R60 pre-booked en R75 by die deur.

Show begin 19:00.

Categories


Archives