Gedigte vir Gesigte T-Shirt Kompetisie

200gedigte_shirt.jpg

Geïnspereer deur die Zinkplaat liedjie “Gedigte vir Gesigte” het die band se jare lange vriend en ontwerper, Jan Solms ‘n vars idee vir die nuwe T-hemp ontwerp gehad.

Die band kon 9 mense identifiseer wat op een of ander manier die hulle beïnvloed het en hierdie persone se gesigte verskyn op die nuwe hemde.

Daar is tans ‘n kompetisie om so ‘n T-hemp en ‘n CD te wen. Al wat jy moet doen is om al nege name van die mense op die hemp reg te raai.

Click hier vir n groter jpg preview.

Stuur alle antwoorde na beer@dpk.co.za

Vir leidrade gaan na: Luca se Blog


DisasToer…

campermontage200.jpg

Inligting oor Zinkplaat se onlangse DisasToer is uiteindelik beskikbaar gemaak.

Die band (minus Beitel) het omstreeks 04:00 op die oggend van die 22ste Januarie saam met DPK se Nicol v/d Berg in die berugte DPK Camper na die Noorde vertrek.

Volgens die groep het alles vlot verloop en het die Camper baie goed gedoen tot so net duskant Willowmore, toe hy eweskielik oorverhit het en die enjin amper aan die brand geslaan het.

Die Camper is toe vir ‘n astronomiese bedrag agter op ‘n rollback trok gelaai en van Colesberg tot in Johannesburg gesleep. Gelukkig kon die band lekker agter in die camper kuier sonder dat iemand hoef te bestuur het.

Gelukkig was die gig by Sonop se Joolparty in Tuks baie lekker so tussen die krokodille en volstruise deur.

Op pad terug het die band egter hulle vlug gemis.

Almal is egter nou weer veilig terug in Stellenbosch.


Zinkplaat @ Maties Jool Fest

200ragfest.jpg

Een van Zinkplaat se jaarlikse tradisies is om by Die Maties Jool Fees te speel.

Dit word hierdie jaar op Saterdag die 31ste op Die Braak in Stellenbosch gehou en R20 kry jou in.

Ander bands sluit New Holland, Parlotones, Pretty Blue Guns, Ryno Velvet en baie meer in.


Zinkplaat se 4de album

200studio09.jpg

Zinkplaat het weer hierdie week Sunset Studios toe gegaan om verder aan hulle 4de album te werk.

Hoewel die album nog nie ‘n naam het nie, is 5 splinternuwe liedjies al klaar en nog ‘n klomp op pad.

Volgens die band probeer hulle nog meer eksperimenteer as op hulle vorige album, die Tempo-genomineerde “Musiek Uit Die Geraas”.

Die eerste single behoort binnekort gratis vir downloads vrygestel te word en ‘n musiekvideo is in die pyplyn.


Hondeklipbaai video


Zinkplaat se derde single van “Musiek Uit Die Geraas”: Hondeklipbaai.

Die musiekvideo is ‘n maand terug in ‘n vervalle huis buit Stellenbosch geskiet, met vriende en familie wat almal cameos gemaak het. The Tidal Waves het ook in die video verskyn, en Jurgen Glansman het weens onvoorsiene gebeure, 7 ure laat opgedaag.

Dit is Zinkplaat se 7de musiekvideo en oudergewoonte het Stephanus Rabie direct en produce.


Zinkplaat skiet nuwe musiekvideo

dpksitevideonuus.jpg

Zinkplaat het hierdie week hulle nuwe musiekvideo vir “Hondeklipbaai”, net buite Stellenbosch geskiet.

Stephanus Rabie was weer die regiseur en die cast het uit 60 goeie vriende bestaan.

Dit behoort hopelik binnekort op MK te wys. Spesiale vriende het ook ‘n draai kom maak.

Gaan check die fotos
En op Facebook


Zinkplaat genomineer vir Tempo’s

tempo200.jpg
Zinkplaat se Musiek Uit Die Geraas album is vir ‘n Huisgenoot Tempo-toekenning vir Beste Afrikaanse Rock Album genomineer. Dankie vir almal wat gestem het.


Zinkplaat “Thunder Struck”-toer

thunderstruck_copy200.jpg

Zinkplaat se Noordelike toer is gister aand in die vlerke gery toe hulle 1Time-vliegtuig deur weerlig getref is. Die vliegtuig moes omdraai en weer in Kaapstad kom land het.

Die rampspoedige toer, wat teen hierdie tyd “Die Thunder Struck-Toer” heet, moes ongelukkig gekanseleer geword het.

Die volgende gigs is afgestel:
- Back2Basix met Die Melktert Komissie
- Picasso’s (acoustic)
- Maloney’s met Revolusie

Ons vra onverskoning vir almal wat moeite gedoen het om by die shows te kom. Zinkplaat sal binnekort weer shows daar kom hou.

Lees meer oor die gebeurtenis in die Cape Times berig.


Zinkplaat op RSG

zinkrsg1200.jpg

Zinkplaat is vanaand tussen 22:00 en 23:00 Christine Wessels se ateljeegaste op RSG se Draadloos.

Skakel in op 100-104fm en luister bietjie ZinkPRAAT.


Zinkplaat @ Studio 1

studio1.jpg

Zinkplaat was in Junie deel van die Ubutnoer II: Studio 1 episode, maar op die 1ste Augustus vat hulle aleen die studio oor om drie van hulle eie liedjies Live te speel.

Om deel van die Studio audience te wees kontak: Wilma.Smit@mnet.co.za

Categories


Archives