Bertie se Afval-pot: (soos gesien in MK Bruce Lee)

Afval = Skaap pens-en-pootjies

Offal = Offal is the entrails and internal organs of a butchered animal

Bestanddele:

 -1  pak mooi skoongemaakde afval. Verkieslik 'n dorper-skaap uit die Bo-Karoo, sy dieet moes dus 'n goeie kombinasie van bossies, gras en kalkklip insluit. (Afval = pens-en-pootjies & kop).
- 8 Medium Tweedegraad Aartappels. Verkieslik uit die Hay-distrik.
- 1 Koppie Kerrie (ek hou nie van kerrie nie, maar dit is on-onderhandelbaar, behalwe as jy van die reuk van skaap ingewande hou)
- 1 Zinki Bitez Braaisout (geheime resep, September op die mark).
- 1 Bottel Zinkplaat Unleaded (2005 Miskruier Vintage)
- Geen verdere groente, hoender, anti-choke of enigiets organies nie (Hierdie is nie 'n tee-partytjie nie)!!!!
- Baie haakbos-hout!
- 1 Bob Dylan CD

Aanwysings:

- Maak een moerse vuur!
- Sit die CD player hard.
- Die afval MOET die volgende insluit: pens, pootjies en kop, met oe en tong nog heel en in plek.
- Kry 'n swart pot, en spoel hom net vlugtig uit met brakwater.
- Kook uie in olyfolie en laasweek se pot se orige sousies
- Maak seker die aartappels is sonder bruinskurf of aalwurm, en gooi dit in.
- Gooi die hele afval-gedoente in as die aartappels lekker geesvang. Doen hierdie tydsaam, dit is die groot oomblik, en maak seker dat almal dit sien en ruik.
- Skink nog 'n bottel wyn of twee (verkieslik 'n Zinkplaat Unleaded natuurlik).
- Meng die halwe bottel wyn met die kerrie en 'n goeie dosis braaisout.
- Gooi hierdie mengsel by as almal genoeg wyn inhet (en die pot lyk so half of hy end se kant toe staan).
- Kook hom na hartelus verder.

Opdieningsvoorstel:

Saam met plaasbrood of rys.

Lekker lekker!

TERUG